Oumense darem

My pa het altyd met die volgende uitdrukking gekom: Oumense, vroumense, kinders, swartes (julle weet wat ek bedoel), en karre.

Hy was nogal reg ook. Ek onthou die dag toe my oupa op die ryp ouderdom van 75 sy trekker in gear gestart het en toe ry die ding oor hom. Ek sweer! En ‘n jaar later braai ons eendag op die plaas en ons moes gaan houtkap. Sal hy vir my, my pa en oom vertel ons moet een kant toe staan want hy wil hout kap, nie kerf nie.

My ouma se tweede man het so paar maande terug die tydelike met die ewige verwissel. Sy is ook al 80 en moes maar toe in’n huis vir bejaardes / kliniek opgeneem word want sy het konstante hulp nodig met shower en so aan. Sal sy my bel en vertel ek moet haar kom haal want ‘die klomp ou mense is almal mal!’

En so klim my pa en oom gister oggend op ‘n gebou se dak (my oom bou, my pa verf) en my pa dink hy’s is Osama bin Laden en duik gesig eerste af grond toe (die skoen wat iewers vasgehaak het, het ook ‘n bydrae gehad tot die nuwe toertjie). Nou le die ou in die hospitaal met ‘n gebreekte arm en gesig (genuine!). En vandag, een operasie aan die arm en ‘n paar ‘kalkoenskokke’ soos die nurse die coctail noem wat my pa op ‘n trip sit, verder is ons oor ons ergste skok en kan ek uiteindelik die humor in die situasie sien. Hy het pyn, en ek kry hom jammer. En terselle tyd dink ek by myself hoe ek sou gelyk het as ek kop eerste in die grond vas duik vanaf ‘n drie meter hoog dak?

Die ou mense darem…

2 Responses to “Oumense darem”

  1. Boerseun Says:

    Ek het so lekker met my ouma in ons laaste potgooi gesels, en ai tog ja nee, die ou mense darem.

    Jou storie van jou pa laat my dink aan een so paar jaar terug.

    Ek het nog Taekwondo afgerig in SA en vir een of ander kompetisie erens heen gegaan. My pa het van my studente plaas toe gevat vir ‘n dagkamp. Dit was altyd een van die hoogtepunte vir die klomp want daar was hindernis bane en ‘n vrot ou go-cart , modderdam en als.

    So na middag ete kry ek toe nou ‘n oproep van my ma. Nee, pa le in die hospitaal. Ek is dadelik bekommerd, en weet nie hoekom my ma nie ook bekommerd is nie… sy oor reageer gewoonlik. Toe vertel sy my dat my pa uit die boom geval het op die plaas. Ja, hulle is deur die hindernis baan, go-cart ry en als, maar toe hy in ‘n meter en half hoe boom klim gly en val hy. Hy breek toe sy arm reg onder die bal wat in jou skouer in pas. Nie ‘n baie goeie plek nie, so hulle moes gaan plate insit.
    Ten minste kan ek se dat die arm genees het, en hy nog na dit sy nasionale klere verwerf het. Sy grootste probleem nou is dat hy nie sonder sy bril so lekker sy opponente meer kan sien nie. :-)

  2. Rudi Says:

    wel my pa het sy bi focals in die proses vernietig en hy is absoluut verheug daar oor want hy het deurmekaar geraak met die twee glase.

Leave a Reply