Site onder rekonstruksie
June 12th, 2006En daar ontmoet ek toe iemand wat my site mooier kan maak as ek!! Ek leer ook baie uit die situasie uit en ek moet op die oomblik vir Lelanie Hattingh van virtual bluu baie dankie sê want sy doen dit verniet omdat sy of te veel geld maak of sien ek is arm en kan nie my eie graphic designer bekostig nie.
Dit het alles begin toe sy ons besigheidskaartjies moes doen. Nadat ek haar vertel het van my website en bietjie meer oor die potgooi ding gesels het, het sy my jammer gekry en my site bietjie ge-revamp. Gaan loer gerus na haar site en as julle iemand in SA wil gebruik vir graphic designs en sulke goed, hulle pryse is baie goed. Ek sit ook ‘n permanente link hier langsaan op. Tot dan, weet julle wat die blou voël mag doen… Hoe maak mens n deelteken e op die blerrie website…?
Ps. My graphic designer het baie elegant vir my ‘n paar spelfoute uitgewys en toe ook sommer vertel hoe om die ë en ê te maak.







