Port Mandela Baai Potgooi gaan live!

July 19th, 2006

Nou dat ek almal se aandag het moet ek net bysê dat dit nou wel net vir een aand sal wees. Ek is die einde van die maand (28 -30 Julie 2006) in Bethlehem en gaan so bietjie by Kraai inloer. Hy wil ‘n bottel Jack gebruik terwyl ons uitsaai. Ek wonder of ‘n Chivas ook in die vergelyking kan ingewerk word… So, as julle daai naweek ‘n dronk kraai en ‘n nog dronker gas (dis nou ek) wil hoor uitsaai skakel dan in tussen agt en tien uur SA tyd. Ons besluit nog of dit die Saterdag of Sondagaand gaan wees maar soos hulle sê ‘Watch this space!’ Om in te skakel gaan na Kraaipromosies se webblad (kliek hier) kliek dan op die Uitsaaines banner en volg die instruksies onder die banner. (jy sal dalk bietjie moet afscroll)

Verder sal ek vir Kraai probeer ompraat om die aand se verrigtinge op te neem en dan sit ons dit op Port Mandela Baai vir die wat al slaap of nie kan luister nie.

Dan wil ek julle ook aanmoedig om bietjie na Boerseun se Praatsaam.com Forum te gaan loer. Daar is al ‘n hele paar geregistreerde users maar hoe meer hoe beter. Ek raak al moeg gepost en wil bietjie ander mense se opinies ook hoor. Veral die luisteraars moet gaan kyk. Daar is ‘n paar ‘polls’ wat ons julle menings wil hoor om ons as ‘Potgooiers’ se program inhoud te help verbeter. En dan is daar natuurlik die gebruiklike gekskeerdery wat daarmee gepaard gaan. Ons wil ons luisteraars ook beter leer ken en vorentoe dalk ‘n braai of iets reël as iemand in die omtrek is.

Nou ja, dis dan al vir nou. Tot ons weer gesels of julle van my hoor hoop ek die blou voël van geluk kom skyt op julle almal se koppe.

Dankie dat julle julle is…

 

The End

Die Port Mandela Eiland Moddergooi

July 4th, 2006

Ek het nou lanklaas ‘n potgooi so geniet soos episode 8 s’n. Doen julle self ‘n guns en gaan luister na die een. Hy is bietjie lank en ek vra om verskoning aan die arme mede Suid Afrikaners wie se ADSL nog ‘gecap’ is maar dit was nice. Ek en Johan de Vries van die Moddereiland Potgooi het op Skype gesels gisteraand en die potgooi met Hotrecorder opgeneem en voor ons ons oge (ek het al weer vergeet hoe om die deelteken e te maak) uitvee het ons amper ‘n uur gesels.

Dit was nou nie die diep filosofiese gesprek wat mens nou tipies kon verwag van twee nugter mense nie maar ons het dit geniet. Ek glo die volgende een sal meer juice in he (hier is die kappie e al weer) maar dit was so impromptu dat ons besluit het om hom net so te post. Vergewe die paar vloekwoorde maar dit gee effens geur aan die gooi. Ek vra weer eens dat die mense wie se link ek nog nie op my site het nie my asseblief sal vergewe en hulle links vir my sal email na webmail@dewetonline.com en ek sit dit onmiddelik op.

Nou ja, tot ons weer gesels is daar ‘n blou voel (bogger die deelteken e in elk geval) van geluk oppad na julle toe en is gereed om te skyt op ‘n kop.

The End

Rudi de Wet - Episode 8

July 3rd, 2006

- Kliek hier om af te laai
- Skryf in op my RSS feed hier

Potnotas:

Skryf in met my FEEDBURNER FEED:

The End