Die Port Mandela Eiland Moddergooi
Ek het nou lanklaas ‘n potgooi so geniet soos episode 8 s’n. Doen julle self ‘n guns en gaan luister na die een. Hy is bietjie lank en ek vra om verskoning aan die arme mede Suid Afrikaners wie se ADSL nog ‘gecap’ is maar dit was nice. Ek en Johan de Vries van die Moddereiland Potgooi het op Skype gesels gisteraand en die potgooi met Hotrecorder opgeneem en voor ons ons oge (ek het al weer vergeet hoe om die deelteken e te maak) uitvee het ons amper ‘n uur gesels.
Dit was nou nie die diep filosofiese gesprek wat mens nou tipies kon verwag van twee nugter mense nie maar ons het dit geniet. Ek glo die volgende een sal meer juice in he (hier is die kappie e al weer) maar dit was so impromptu dat ons besluit het om hom net so te post. Vergewe die paar vloekwoorde maar dit gee effens geur aan die gooi. Ek vra weer eens dat die mense wie se link ek nog nie op my site het nie my asseblief sal vergewe en hulle links vir my sal email na webmail@dewetonline.com en ek sit dit onmiddelik op.
Nou ja, tot ons weer gesels is daar ‘n blou voel (bogger die deelteken e in elk geval) van geluk oppad na julle toe en is gereed om te skyt op ‘n kop.







July 6th, 2006 at 12:09 pm
Ja, nou’t jy my comment weggegooi en ek kan nie meer onthou wat ek gesê het nie!!! Anyway, hier het jy weer ‘n comment van my, sodat jy my een keer kan “goedkeur”, sodat ek na hartelus kan pos!!!
Ek het julle gesamentlike potgooi baie geniet!
Groete
July 7th, 2006 at 7:59 pm
Ek is ook van die area maar bevind myself op moddereiland. Eers gebly op die kleiner modder eilandjie (ierland) en vind die een nogal droog. Hou van die potgooie in afrikaans. Luister al van die begin saam.