Port Mandela Baai Potgooi gaan live!

Nou dat ek almal se aandag het moet ek net bysê dat dit nou wel net vir een aand sal wees. Ek is die einde van die maand (28 -30 Julie 2006) in Bethlehem en gaan so bietjie by Kraai inloer. Hy wil ‘n bottel Jack gebruik terwyl ons uitsaai. Ek wonder of ‘n Chivas ook in die vergelyking kan ingewerk word… So, as julle daai naweek ‘n dronk kraai en ‘n nog dronker gas (dis nou ek) wil hoor uitsaai skakel dan in tussen agt en tien uur SA tyd. Ons besluit nog of dit die Saterdag of Sondagaand gaan wees maar soos hulle sê ‘Watch this space!’ Om in te skakel gaan na Kraaipromosies se webblad (kliek hier) kliek dan op die Uitsaaines banner en volg die instruksies onder die banner. (jy sal dalk bietjie moet afscroll)

Verder sal ek vir Kraai probeer ompraat om die aand se verrigtinge op te neem en dan sit ons dit op Port Mandela Baai vir die wat al slaap of nie kan luister nie.

Dan wil ek julle ook aanmoedig om bietjie na Boerseun se Praatsaam.com Forum te gaan loer. Daar is al ‘n hele paar geregistreerde users maar hoe meer hoe beter. Ek raak al moeg gepost en wil bietjie ander mense se opinies ook hoor. Veral die luisteraars moet gaan kyk. Daar is ‘n paar ‘polls’ wat ons julle menings wil hoor om ons as ‘Potgooiers’ se program inhoud te help verbeter. En dan is daar natuurlik die gebruiklike gekskeerdery wat daarmee gepaard gaan. Ons wil ons luisteraars ook beter leer ken en vorentoe dalk ‘n braai of iets reël as iemand in die omtrek is.

Nou ja, dis dan al vir nou. Tot ons weer gesels of julle van my hoor hoop ek die blou voël van geluk kom skyt op julle almal se koppe.

Dankie dat julle julle is…

 

Leave a Reply