Al weer ‘n nuwe een…

Dis dan nou hier wat ek die rede vir my afwesigheid, soos genoem in die vorige post’, vir julle wys. My website is al weer aan die verander. Julle sien, my graphic designer het al weer te veel tyd en energie vir haar haarstyl en daarom het sy dit goed gedink om die hele ou spul (wat sy laas opgesit het!) te gaan verander.

En wie is ek nou om ‘n behoeftige die pad te wys? Daarom sal hier so paar veranderinge en ‘dead links’ wees vir so paar dae totdat sy in haar kreatiwiteit besluit het wat sy nou eintlik wil doen. Met my pragmatiese brein kan dit dalk ‘n rukkie vat want ek weet nie altyd wat is ‘mauve’ nie. En toe ek haar tong in die kies vra om links na pornsites op te sit omdat ek net doodeenvoudig nie nou op die stadium aan iets anders kan dink nie moes ek koes vir die goed wat aangevlieg kom.

So hier sit ek nou en verduidelik vir julle wat die idee agter die nuwe ‘look’ is. Wel ek weet self nog nie wat die idee agter die nuwe ‘look’ is nie. So as julle uitvind, laat weet my. Tot dan weet julle wat blou is en wat op pad is…

11 Responses to “Al weer ‘n nuwe een…”

  1. Klei Lat de Vries Says:

    Ek hoop jy betaal haar vir al die moiete wat sy doen om jou goed te laat lyk . . nou al wat ons nou nog kort is vir jou om weer n Pot te gooi ? En wat de blik**m is “mauve” ?

    PS Waar is die links na die porn toe dan, jy maak my verniet opgewonde, en dan niks nie. . . . .

  2. Rudi Says:

    Ek dink ‘mauve’ is ‘n kleur…

  3. Lelanie (Die 'slim' Graphic Designer) Says:

    Dit is ‘n kleur, sal vir julle ‘n foto van die kleur op die website sit sodat julle kan sien hoe dit lyk!

  4. Rudi Says:

    Wise ass…

  5. Lelanie (Die 'slim' Graphic Designer) Says:

    Jy bedoel seker nice ass…….

  6. Klei Lat de Vries Says:

    Lelanie, as jy hom weer sien, gee hom n taai klap - met compliments van Die Moddereiland af ! Sien nog steeds nie n pic van “mauve” nie. . . . . . .

    Nou n ander ding, hoe sal ons weet of dit n “Wise ass” of “Nice Ass” is ? Ek hoop om n foto te sien sodat ons self kan besluit daaroor !

  7. Klei Lat de Vries Says:

    dis wat ek eintlik wou gese het, hou van die nuwe logo !

  8. Lelanie (Die 'slim' Graphic Designer) Says:

    Bly jy hou van die logo, dit maak mens net bietjie dors om aan so logo te werk! Ek dink almal kan darm al teen die tyd sien wat ek met die nuwe “look” in gedagte gehad het.

    Wat die ‘mauve’ en die ‘ass’ fotos aanbetref, ek sal die naweek vir julle die ‘mauve’ en die kleur se hele geskiedenis opsit. Maar ek sal eers Rudi se arm moet draai om my “ass” af te neem sodat ek dit vir julle kan wys………….

  9. Rudi Says:

    Wanneer kom kuier jy in SA mnr. de Vries? Dan kan jy self kom kyk. Tot dan sal jy maar moet tevrede wees met die geskiedenis van ‘mauve’. En as julle langer so aangaan vertel ek julle van ‘n ander kleur ook: BLOU!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  10. Klei Lat de Vries Says:

    Blou is nie n kleur nie, dis n skande. Ek hoor daar is n hele paar rugby spelers wat blou gaan ruil vir wit en swart ? mmmmmmmmmmmmmm nou wat nou gese daarvan ?

    Jy het darem 1 ding reg, en dit is om my MNR de Vries te noem, bly om te sien Lelanie leer jou darem maniere ! ! ! ! !

    Ek mik nog vir volgende jaar, soos ek belowe het, maar is ook nou besig om vir my britse passport aansoek te doen, en dan vat hulle mos jou groen boekie oolk in, maar hopelik gaan dit gesort wees teen Maart / April / Mei se kant.

    Lelanie, ek sal graag van die geskiedenis van “Muave” wil hoor, sal ons se n 20 000 woord opstel (soos in die laerskool - met maps en verskillende kleur in ens ens ens ens ens !) daaroor ? net sodat ons seker is ons verstaan alles….. “eish, my kop hy is maar plat madame !”

    Dan nog 1 vraag Lelanie - is jy die rede dat Chivas so stil is ? Maak n potgooi oor mauve - nog beter idee !

  11. Klei Lat de Vries Says:

    nog een ding, link die header terug na die index page toe,want op die oomblik kan jy nie terug gaan na die index/ main page toe nie.

    Laaste een, kyk na die beskrywing ook van die feedburner link, op die oomblikis dit blank (soos die kyk in Chivas se oe ! ;-) die volgende oggend !)

    En nou gaan ek begin pak pm huis toe te gaan. Chivas, kom braai vanaand by my, jy hoef niks saam te bring nie, ek het alles hier !

    Bring net jouself en die designer, wil sien hoe lyk n wise ass !

Leave a Reply