Die Getroude Lewe
August 23rd, 2007Dis nou reeds 3 maande, 18 dae, en so twee ure wat ek nou getroud is. In die tyd het ek seker nou twee duisend keer die vraag moes beantwoord oor hoe die getroude lewe is. As iemand my bel wil hulle weet hoe die getorude lewe is. As ek by die werk instap by ‘n klient wat my lanklaas gesien het wil hulle weet hoe die getroude lewe is. En as my ma my bel wil sy dit ook weet.
Die snaakste van alles is dat die mense wat my die vragie vra almal getroud is. Nou wonder ek, het die mense gedink die getroude lewe het enigsins verander intussen? Toe kom ek nou met so paar dingetjies op wat mense gewoonlik hoor verander as die ring aan die vinger is:
- Die onderbroek op die badkamervloer: Word hy eweskielik opgetel?
- Die bed: Word dit skielik opgemaak?
- Die skottelgoed: Is die kombuis ewe skielik elke aand skoon voor ons gaan slaap?
- Die tuin: Is die gras nou altyd netjies gesny?
- Die tandepasta buisie: Is die proppie nou skielik mooi skoon?
- Die seks: Het die gereeldheid afgeneem?
En so kan ons aangaan. Ek sal vir vanselfsprekende redes nie op sommige van die vrae antwoord nie maar ek kan wel noem dat ek die onderbroek nou optel. Nie omdat ek getroud is nie maar omdat die nuwe hondjie die goed vol gate kou. Die bed opgemaak word en die tuin netjies is omdat ek ‘n bediende en tuindienste gekry het. Nie omdat ek getroud is nie.
My punt is: Ek dink nie veel het verander nie. Wat ek wel agter gekom het is dat dit een ding is om iemand vir ‘n jaar of twee te date / uit te gaan / te sien (of wat ook al hulle die dit deesdae noem) maar ‘n totale ander ding is om onder een dak saam dieselfde persoon te bly. Die lewe kry net nuwe perspektief en jou uitkyk kom uit ‘n ander angle uit. Maar op die ou en is dit maar nog net dieselfde. Mense sal seker van my verskil maar ek dink nie veel nie. Dalk is ons nog te jonk getroud om te weet, ek is nie seker nie. Maar een ding is seker, as die persoon met wie jy getrou het die regte een is vir jou is dit verbasend minder van ‘n kultuurskok.
My raad?
- Dis prakties - dis duur aan die begin maar dit word later finansieel makliker.
- Die geselskap is partymaal vreksnaaks (veral in my geval) en kan die dag se stres minder maak.
- Die lekker as iemand anders vir ‘n slag gaan groceries koop.
- Die klere shopping is nie meer so irreterend nie (ek haat klere shopping).
- Die honde het altyd kos en
- ek drink nou weer koffie in die oggende ( vroeer was ek te lui om vir myself in die oggend te maak)
- Die beste is jy vat elke aand iemand bed toe!
Ek is nie die maklikste mens om mee saam te leef nie. My vrou het verseker meer guts as wat ek gedink het om met my 35 jaar oue gewoontes te wil sit vir die res van haar lewe (of dit, of sy is ‘n massogis!) en ek se elke aand dankie dat sy bereid is om dit te doen. Die antwoord op die aanvanklike vraag? Dis lekker.







