Kan ons weer probeer?
July 30th, 2008Nou ja, dit was ‘n lang afwesigheid sedert die vorige stukkie stuiwer in die armbeurs. amper ‘n jaar om nou hare te probeer kloof. Ek en my vrou het al die eerste anniversary gehad en al was ons nou nie oorsee vir die geleentheid nie moet ek se ons land bied enige dag net sovell mooi en unieke plekke om te gaan vakansie hou.
Vat nou maar die lande net noord van ons. Verlede jaar Desember is ek en Lelanie deur vier lande met my nuwe bakkie. Ja, ek het ook intussen my klein ‘hatchbackie’, stywe t-shirts en sweetpak broeke verruil vir ‘n dubble-cab, kortmou toeknoop hemde (is daar ‘n fancy naam vir die hemde?), en chino’s of combats. Ons was ‘n hele paar mense. Onder andere ook neef Rico en sy girl (nou sy verloofde).Ons het deur Botswana, Namibie en Zimbabwe gery en vir brekvis een oggend oorgeloop Zambie toe. Ons kon nie kos kry in Zimbabwe nie. Diesel ook nie. Toe gaan ons terug Botswana toe na brekvis en gaan vang vis. Weer. Die eerste keer wat ek in my lewe ‘n tiervis uittrek was so paar dae terug in Namibie.
![]()
Dit was ‘n 6kg vissie. 2kg van die rekord vir Island View (Waar ons gebly het). Toe ons in Botswana kom trek ek so 1kg dingetjie uit. Dit was waar die gogga toe byt. So twee maande terug los my een pel se verloofde hom. Drie weke voor die troue. Ek sou best man gewees het. Toe ek myself weer kry sit ek op honeymoon saam hom omdat hy klaar betaal het. Raai waar? Chobe Safari Lodge in Kasane, Botswana. TOE vang ons vis. Ons het opgehou tel by die dertigste Tier. Diekamera het nie eers meer foto’s geneem nie want ons het verveeld geraak. Dis toe wat ons in Namibie ingaan met die boot en Nembwe gaan soek. Ons toeriste ken dit as Bream. Ek het so twee fris outjies uitgetrek en Dave so vier. Die ou kan fly. En fly werk vir Nembwe. EK wag nog vir die foto’s wat hy moet stuur.
Intussen is my ‘About page’ ook geupdate. gaan lees maar. Maar dis hier waar dit gaan gebeur. Mense se dis terapeuties om ‘n joernaal te hou. Die site is vir ons de Wets en Hattinghs (die skoonfamilie). Hopelik sal my kinders eendag die site geniet.
Kom ons pik gou ‘n traan…







