Maandagoggend…
August 4th, 2008Na ‘n uiters oninteressante naweek skakel ek vandag my laptoppie aan en onthou dat ek bietjie lanklaas geblog het. Ek het die naweek redelik rustig ingegaan, omgekry en met verbasend min skade aan my niere die Maandagoggend stil-stil ingeloop. Die vergadering wat ek 9 uur moes bywoon het, het eers laat begin en is op die ou end gehi-jack deur ‘n paar legal ouens. Die geniet nou voorkeur en ek sit in Bhisho met niks anders om te doen as om te vertel van ons naweek in SA nie.
Ons het in die tyd van inmenging in ons sport deur die politici (sien vorige blog) dit jou weliswaar reg gekry om die Pommies die eerste keer sedert die sestigs op eie bodem met die wilgertak uit Edgbaston se krieket stadion te slaan. Graeme Smith is vir eers weer met ‘n klomp brownie points terug kleedkamer toe nadat hy ‘n onoorwonne 154 geslaan het en die reeks in Engeland vir ons beklink het. Die engelse kaptein het sommer bedank. Die nuutste rumour is dat Kevin Pietersen wat nie span in SA kon kry toe hy nog hier was nie, nou die beste kandidaat is om Vaughn op te volg.
Bla bla bla, nog ‘n Suid Afrikaner wat beter vaar in die buiteland omdat hy nie die kans gegun word in sy eie land nie. Onthou vir Rathbone? Andrew Strauss? Wel Brad Barrit is ook oppad. Die talentvolle Shark is vir eers verlore vir SA nadat hy geteken het om in Francois Pienaar se ou engelse klub, Saracens, te gaan speel. Sy ma is blykbaar ook ‘n Pom en nou is die kans dat hy teen die einde van die jaar vir Die Rose kan uitdraf ‘n werklikheid.
Genoeg sport. Zuma hoor vandag of hy verder vervolg gaan word. Indien wel kan die storie nog twee jaar aanhou voordat ‘n uitspraak gelewer kan word. Dit beteken dat ons toekomstige president verhoorafwagtend mag wees wanneer hy volgende jaar die verkiesing wen. Wat gebeur as hy skuldig bevind word? Niemand weet nie. Die wat weet wil nie se nie. of hulle is dood. Nou vra mense my hoekom drink ek my badwater…
My suster se die ander dag vir my ek skryf soos Steve Hofmeyer. Nou weet ek nie of dit ‘n kompliment is of ‘n belediging nie. Ek weet hy het ‘n blog gehad. Spoegblog of iets. Ek het dit nog nooit gelees nie maar aangesien die opmerking van my suster afkom sal ek dit as ‘n kompliment beskou aangesien sy al ‘n paar keer met Steve oor die kop geslaan is. Dit sluit nie die drie honderd shows in wat sy al van ons land se beste babamaker gesien het nie. Ek persoonlik ken nie die ou nie. Ek sal nou nie rerig van sy musiek aanskaf nie omdat hy nie rerig iets sing wat my smaak is nie. Hy het wel ‘n paar goeie covers van Neil Diamond gedoen. Maar dis waar dit bly. Wat ek wel van hom hou is dit wat hy vir Afrikaans in ons land probeer doen en seker in ‘n groter mate as ek reg kry.
So gepraat van Pom. Het iemand geweet dit staan vir Prisoner of His/Her Majesty? Is dit dan nie meer korrek om die Aussies Pommies te noem nie?
Dis dan my bydrae vir die Maandagoggend.
Viva!







