Is dit die einde?

September 22nd, 2008

Uiteindelik is hy gefire! Jip, ons Staats President, Mnr. Thabo Mbeki, is uit. Zuma, SAKP en die ANC Jeugliga het gewen. Dit na ‘n week waarin Regter Nicholson bevind het Mbeki het waarskynlik ingemeng met die Nasionale Vervolgings Gesag. EN soos die ingelse sal se: He had it coming! Natuurlik sal hy dit ontken, soos hy gisteraand wel gedoen het. Ons land se tweede swart Staats President het gister sy bedanking ingehandig nadat die ANC se uitvoerende kommitee hom ‘herroep’ het. ‘n Naweek in Kuruman vir die een wat weet wat daai ‘herroep’ nou eintlik veronderstel is om te beteken.

Die ‘herroeping’ kom in ‘n week wat die vierde grootste bank in die VSA en seker ook die wereld sy gat gesien het. So nou sit ons met ‘n dubble whammy. Die Amerikaanse ekonomie nies en die res van die wereld s’n kry verkoue. Zuma fire vir Mbeki en Suid-Afrika s’n sit met vigs. Mind you, ons kan net in ‘n stort klim dan is ons weer OK. Die feit is Mbeki, wat geen hofsaak teen hom het nie (wel, nog nie!), gaan tien teen een vervang word deur ‘n ou met Standerd 6, ‘n verkragting saak (wat uitgegooi is) en ‘n klag van korrupsie teen hom. Die rede? Mbeki se outokratiese bestuurstyl. Kombineer dit met sy manier om besluite te maak vir eie gewin en die feit dat hy ‘n korrupte polisie hoof en dwelm smokkelaar beskerm teen die moord op ‘n skatryk gay sakeman met ‘n vrou en kinders. Het Mbeki iets gehad om weg te steek? Het Brett Kebble iets van Mbeki geweet? Moes hy verwyder word omdat hy Mbeki dalk afgepers het met inligting? Seker tog nie oor sy streke in ‘n bordeel in Sunnyside terwyl Zanele Mbeki rondjaag om hom te soek nie. Of was dit dalk sy verhouding met Phumzi (Mlambo-Ncuka)? Wag, was Chris Hani nie dalk colateral damage omdat Mbeki jare terug op ‘n eiland naby Kaapstad om ‘n game dambord die sitplek van die kroonprins belowe isĀ  nie? Of het ou Thabo net een keer te veel van die Umqombothi gedrink wat sy ma geleer maak het toe hy lekker in London gesit het en Mandela en die ander kaders in die tronk gesit het. Mbeki is geen engel nie, maak nie ‘n fout nie.

My punt? Ek is opgewonde. Veral omdat die Mbeki-span nou besluit om hulle goed te vat en boggerof en dalk hull eie party gaan stig. Dit beteken heel moontlik die einde van twee derde meerderheid vir die ANC. Tensy Julius Malema weer gaan dreig om te dans in die strate as dit ook gebeur! Ek wonder baie maal of ou Zuma maar net ‘n stamp gaan wees vir Julius se streke nie. Die ou is gevaarlik. Hy het die hele ANC jeugliga agter hom. Met ander woorde driekwart van die land se stemgeregtige, werklose kriminele. Die ander kwart sit in die parlement. Maar dis lekker! Dis politiek en dis beter as om Sewende Traan in die aand te kyk. Mind you, selfs Telly Tubbies is deesdae beter. Gay Telly Tubby en al. So ek sit met afwagting en besin oor my volgende stap. To immegrate or not to immegrate… Miskien moet ek my Facebook status gaan update…

The End

Die Kleine Tjolie

September 15th, 2008

Na ‘n lang en uitgerekte klomp emails en doodsdreigemente aan Vodacom het ek uiteindelik my website weer so ver gekry om te werk. Wel dis nou te se as die fout by hulle was. Die “techy” het my ‘n klomp tegniese leuens vertel en belowe hy sal dit regmaak. Die belofte is gevolg deur ‘n email van deklerasies van lojaliteit teenoor hulle kliente en versekerings van goeie dienslewering. In kort ek moes nog net my broek aftrek sodat hy kan begin lek. Na nog twee weke en dertig oproepe is ek meegedeel dat my website werk. Ek het geen verskil aan my kant gesien nie en het dit met so min geswets as moontlik aan hom probeer verduidelik. Ek dink die pastoor het die Sondagaand oor die beheersing van die tong gepreek want ek onthou ek was redelik kalm en diplomaties. Na nog twee weke se gesukkel het ek net moed opgegee en besluit om die spreekwoordelike handdoek in te gooi en my website oor te doen of te skuif. Vanoggend sit ek my laptoppie aan en jou waarlikwaar, my website maak weereens oop van my laptop af. Dis nou hier waar ek die peanut gallery moet stilmaak. Die fout was NIE op my laptop nie. Ek was op tien verskillende forums wat die probleem bespreek word en die ander slagoffers reken almal dit het iets met ‘n windows update te doen wat sekere websites op sekere rekenaars nie laat oopmaak nie. Drie hoera’s vir ons wereld se derde rykste man, ene Willie Hekkies (Gates - vir die minder skerpes).

Dis dan nou ook met ‘n diep en opregte opgewondenheid dat ek my grootste verjaarsdag persent ooit aan julle bekend maak. My rooikop vroutjie en ek verwag ons eerste baba in Mei 2009. Dit beteken die klein parasietjie is nou 5.6mm lank en weeg ‘n astronomies boggerol. Die hart klop teen 132 slae per minuut en is met skrywe 6 weke en 4 dae ‘n entiteit. Die oggend van my verjaarsdag het ons uitgevind dat die toets wat ek twee dae terug weggegooi het nie lank genoeg gele het voor ek hom in file 13 gaan liaseer net nie. Eers later hoor ek dat mense 5 minute moet wag en nie 5 sekondes soos sekere ongeduldige rooikoppe nie. Die tweede pienk strepie was dof, dog merkbaar en het nie naastenby soos een van my briekmerke gelyk nie maar dit was genoeg om my vrou in die bakkie te gooi en Clicks toe te jaag. By die huis gekom is elke kraan in die huis oopgedraai om ‘n piepie te genereer vir die toetsie. En na twee minute is daar ‘n tweede pienk strepie dik genoeg om ‘n u-turn met my bakkie op te maak, in die toetsie bespeur. Die briekmerk rekord in my onderbroeke was naby aan gebreek word.

Kleine Tjolie - 13 September 2008 WEB.jpg

Dis dan my Maandagoggend bydrae na ‘n lang afwesigheid. ek hoop om julle gou weer te vermaak met my stront pratery.

Tot volgende keer.

The End