Nie al weer nie…
October 27th, 2008Ek vind dit deesdae moelik om my persoonlike lewe van politiek te skei. Alles wat ek deesdae doen of se het direk, of in ‘n mindere mate, indirek ‘n invloed uit die politieke oorde. Soveel so dat ‘n goeie vriendin gister by die kerk vir my vra vir wie sy nou eintlik moet stem. Ek het geeerd gevoel dat my opinie vir haar saak maak maar is effens onkant betrap met die vraag.
EK beskou myself op die stadium as iemand wat ‘n gesprek oor die alledaagse politiek redelik aan die gang kan hou en min of meer ‘educated opinions’ kan kwytraak. Hoe dit ook al sy, die vraag het my bietjie geboul want ek kon haar nie rerig antwoord nie. Ek kon haar wel antwoord dat dit nog lank is voor ons daai bruggie gaan oorsteek maar dat registrasie die volgende stap is. Nou praat ek met myself ook. Ek het nog net een keer gestem en dit was met die eerste demokratiese verkiesing. Daar is drie vername redes hoekom my kruisie nooit weer getrek is daarna nie. Eerstens hoef die Suid-Afrikaners daardie jare nie te geregistreer het om te kan stem nie. Ek is nie iemand vir ‘qeues’ nie. Om die waarheid te se ek raak geirreteerd as ek en my vrou van die dorp af kom en sy sukkel om die huis oopgesluit te kry. Tweedens was ek landuit toe die tweede verkiesing gehou was. In Amsterdam as ek reg onthou. En derdens, die vernaamste rede, is ‘floor crossing’. Hier stem die mense toe vir hul gunsteling kandidaat. Dalk nie soseer VIR hom nie maar eerder TEEN die ander liegbek. Net om so paar weke later uit te vind hy is net so groot liegbek en het oorgeloop na die ander liegbek se party toe. Nou vra ek myself hoekom moet ek gaan stem as daar ‘n moontlikheid is dat die ou gaan oorloop. Tien kosbare minute op die toilet later het ek tot die slotsom gekom dat ons land so min demokraties is as Zimbabwe. Tot so maand terug…
Shilowa en Terror besluit toe hulle gaan die spreekwoordelike pap in die fan gooi en ‘n nuwe party stig. Soos ek hier skryf word hulle tydens elke konvensie deur die Zuma Dance Club ontwrig. Demokrasie het intussen ‘n groter werklikheid geword want die Zuma Dance Club word ontwrig deur Terror se Mbeki Fan Club. Soos ek so paar weke terug geskryf het, is twee derde meerderheid, en gevolglik die grootste bedreiging vir demokrasie, amper al iets van die verlede. Helen Zille en kie kon nie rerig ‘n merkwaardige duik in die ANC se outokratiese bestuurstyl skop nie. Maar Terror doen dit al klaar. En die voormalige Vrystaatse Premier en Voorsitter van die ANC het nog nie eers sy fanclub geregistreer as politieke party nie. Afgesien van die herhaaldelike toesprake met cliches van tipiese naiewe politici oor die ‘Freedom Charter’ en alles en nog wat in die naam van ‘democrasy’, het hulle nog nie eers ‘n manifesto nie. NOU dans die Zuma perde EERS.
Verder is Julius Malema nou ook een van die hoogs gekwalifiseerde leiers in die ANC. Met sy matriek, met ‘n beste C simbool vir Engels Tweede Taal en ‘n swakste simbool vir Houtwerk (GG Simbool vir daai een) is Julius verder geleerd as JZ, wat inweeg met ‘n Standerd Ses! Inteendeel, Julius moes sy matriek met ‘n meesters graad gekry het want hy was 20 toe hy uiteindelik matriek kon slaag. Maar die ANC Jeugliga is dit eens dat hulle leiers nie verkies word op grond van hul kwalifikasies nie. Ek stem saam, leierskap is ‘n eienskap waarmee iemand gebore word. Jy kan dit nie aanleer nie. Maar iewers moet mens die streep trek en vir die jeug van vandag probeer wys maak dat verdere studies tog belangrik is, nie waar nie? Almal wil tog nie opeindig in die ANC leierskap nie! Die land het tog sy dokters en rekenmeesters en onderwysers nodig. Dink mooi, wie is Julius se gehoor? Wie is Zuma se grootste ondersteuners? Die ANC se jeug! Ek sal wat wil gee om te weet watter persentasie van hulle kan lees of skryf. Los die kwalifikasies! Kyk na ons leierskap! Volg hulle voorbeeld!
Ek sal volgende jaar gaan stem. Maar net omdat ek gou ‘n draai by KFC kan maak oppad terug. Miskien het hulle op daai stadium ‘n Kiddies Election Special aan. As jy die kiddies meal koop kry jy ‘n Jacob Zuma Action Figure saam. Kompleet met ‘n klein showertjie en ‘n Standerd Ses Sertifikaat.
Viva!







