About
Ek moet erken ek het nie gedink ek sal so baie mense ontmoet met die potgooi en blog storie nie. Jy leer ken mense so met die tyd en as jy jou ogies uitvee is potvangers nie meer net gewone luisteraars nie maar hulle word identiteite waarmee jy kan vereenselwig. So leer ken jy hulle later nog beter en jy dink by jouself ‘donner, ek en die ou sal lekker om ‘n vuur kan kuier!’ Vat nou ‘n ou soos Johan de Vries wat ek van emails en sy blog af ken. Die ou is sout van die aarde en ek wonder by myself hoekom daar nie nog sulke ouens in die Baai is nie.
Julle sien ek is redelik nuut hier in die Baai en kry nie baie tyd om uit te gaan nie. Dis nou as gevolg van my werk en die feit dat ek die staat vir ‘n klient het wat ook effens bygedra het tot die feit dat ek partymaal ‘effens sosiaal wanaangepas’ is! Mens ‘rekindle’ ook weer ou vriendskappe uit jou verre donker verlede. So het ek en Renate Klem (click hier langsaan op Medusa se Blog) meer as ‘n jaar in dieselfde huis gebly in London en omtrent 5 jaar later weer kontak gemaak as gevolg van die nuwe blog en potgooi fenomeen.
En eendag op ‘n mooi Oos Kaap reendag dan vee jy die slaap uit jou ogies en jy lees jou emails. En jy kry een van iemand wat ver weg van jou af sit. En diep binne jou siel met jou praat. En jy wonder… what if?






