Die Port Mandela Baai Potgooi

Die Getroude Lewe
Dis nou reeds 3 maande, 18 dae, en so twee ure wat ek nou getroud is. In die tyd het ek seker nou twee duisend keer die vraag moes beantwoord oor hoe die getroude lewe is. As iemand my bel wil hulle weet hoe die getorude lewe is. As ek by die werk instap by ‘n klient wat my lanklaas gesien het wil hulle weet hoe die getroude lewe is. En as my ma my bel wil sy dit ook weet.

Die snaakste van alles is dat die mense wat my die vragie vra almal getroud is. Nou wonder ek, het die mense gedink die getroude lewe het enigsins verander intussen? Toe kom ek nou met so paar dingetjies op wat mense gewoonlik hoor verander as die ring aan die vinger is:

Die onderbroek op die badkamervloer: Word hy eweskielik opgetel?

Die bed: Word dit skielik opgemaak?

Die skottelgoed: Is die kombuis ewe skielik elke aand skoon voor ons gaan slaap?

Die tuin: Is die gras nou altyd netjies gesny?

Die tandepasta buisie: Is die proppie nou skielik mooi skoon?

Die seks: Het die gereeldheid afgeneem?

En so kan ons aangaan. Ek sal vir vanselfsprekende redes nie op sommige van die vrae antwoord nie maar ek kan wel noem dat ek die onderbroek nou optel. Nie omdat ek getroud is nie maar omdat die nuwe hondjie die goed vol gate kou. Die bed opgemaak word en die tuin netjies is omdat ek ‘n bediende en tuindienste gekry het. Nie omdat ek getroud is nie.

My punt is: Ek dink nie veel het verander nie. Wat ek wel agter gekom het is dat dit een ding is om iemand vir ‘n jaar of twee te date / uit te gaan / te sien (of wat ook al hulle die dit deesdae noem) maar ‘n totale ander ding is om onder een dak saam dieselfde persoon te bly. Die lewe kry net nuwe perspektief en jou uitkyk kom uit ‘n ander angle uit. Maar op die ou en is dit maar nog net dieselfde. Mense sal seker van my verskil maar ek dink nie veel nie. Dalk is ons nog te jonk getroud om te weet, ek is nie seker nie. Maar een ding is seker, as die persoon met wie jy getrou het die regte een is vir jou is dit verbasend minder van ‘n kultuurskok.

My raad?

Dis prakties - dis duur aan die begin maar dit word later finansieel makliker.

Die geselskap is partymaal vreksnaaks (veral in my geval) en kan die dag se stres minder maak.

Die lekker as iemand anders vir ‘n slag gaan groceries koop.

Die klere shopping is nie meer so irreterend nie (ek haat klere shopping).

Die honde het altyd kos en

ek drink nou weer koffie in die oggende ( vroeer was ek te lui om vir myself in die oggend te maak)

Die beste is jy vat elke aand iemand bed toe!

Ek is nie die maklikste mens om mee saam te leef nie. My vrou het verseker meer guts as wat ek gedink het om met my 35 jaar oue gewoontes te wil sit vir die res van haar lewe (of dit, of sy is ‘n massogis!) en ek se elke aand dankie dat sy bereid is om dit te doen. Die antwoord op die aanvanklike vraag? Dis lekker.

Episode 11 - Weer Probeer
Kom ons probeer weer om die 11de episode van hier af te download. Ek het bietjie probleme met Wordpress opgetel omdat ek ‘n file gerename het en toe los hy twee enclosures in die code. Wordpress het dit glad nie gelike nie en mense (Klei Lat van die Modder Eiland) het gekla hulle kan nie ons laaste “dronkgooi” download nie. Ek en Sparkey het die tweede enclosure in die code gaan probeer opspoor maar ek het op die ou end besluit om die ding net oor te post en te kyk of hy dieselfde error uitgooi as ek hom validate. Dit lyk of dit nou reg is.

Ons Episode 11 “dronkgooi” was lekker, wel, dronk. Kry hom hier.

Episode 11
Oh what ever, gaan luister na ons 11de episode.

Ons het gebraai. Springbok, lam en so paar mielies. Net om te se ons is terug. O, ja ons het so bietjie gedrink in die proses.

Chivas en Sparkey - Episode 10
- Kliek hier om af te laai

- Skryf in op my RSS feed hier

Potnotas:

Sparkey gesels oor Google en Beijing.

Google Earth - Herontdek en teleurstellend.

Bietjie sport maar nie baie nie - ek belowe.

Gervan Lubbe - update op episode 3. Kliek hier en hier vir koerantberigte.

Ubuntu - nou het ek ook daaroor gepraat. Bla bla bla…

Skryf in met my FEEDBURNER FEED:

Episode 9
- Kliek hier om af te laai

- Skryf in op my RSS feed hier

Potnotas:

Ek groet almal weer na ‘n laaaaaaaaaaaaang afwesigheid.

My nuwe ‘wingwoman’ praat saam.

Ons verlowing- gaan kyk na ons foto’s

Ons gesels oor die krieket en rugby en superbru.

Skryf in met my FEEDBURNER FEED:

Hallo
Ok. Ek is nog hier. Ek het intussen verloof geraak. Ja, OK ek weet ek is mal maar ek word oud. En sy is mooi. Indulge me! Julle ken my email adres so haal my maar uit!!

Cheeeeeeeeeeers!

PS. Die bloue is op pad!!!

Al weer ‘n nuwe een…
Dis dan nou hier wat ek die rede vir my afwesigheid, soos genoem in die vorige post’, vir julle wys. My website is al weer aan die verander. Julle sien, my graphic designer het al weer te veel tyd en energie vir haar haarstyl en daarom het sy dit goed gedink om die hele ou spul (wat sy laas opgesit het!) te gaan verander.

En wie is ek nou om ‘n behoeftige die pad te wys? Daarom sal hier so paar veranderinge en ‘dead links’ wees vir so paar dae totdat sy in haar kreatiwiteit besluit het wat sy nou eintlik wil doen. Met my pragmatiese brein kan dit dalk ‘n rukkie vat want ek weet nie altyd wat is ‘mauve’ nie. En toe ek haar tong in die kies vra om links na pornsites op te sit omdat ek net doodeenvoudig nie nou op die stadium aan iets anders kan dink nie moes ek koes vir die goed wat aangevlieg kom.

So hier sit ek nou en verduidelik vir julle wat die idee agter die nuwe ‘look’ is. Wel ek weet self nog nie wat die idee agter die nuwe ‘look’ is nie. So as julle uitvind, laat weet my. Tot dan weet julle wat blou is en wat op pad is…

Ek is nog hier…
Tydens ‘n redelike onlangse besoek aan die PraatSaam Forum van Boerseun het ek gesien (en deelgeneem) aan die poll wat handel oor die wel en wee (of afwesigheid daarvan) van ene Mnr. Rudi ‘Chivas’ de Wet.

Hierin word bespiegel oor my doen en late van die laaste twee maande, drie weke, vier dae, 16 uur en 27.3 sekondes. Dis nou ten tye van publikasie. Gaan werk dit uit en kyk of ek reg is. Op die CIA se website is daar so terloops ook ‘n World Fact Book wat handel oor die einste onderwerp en kan in die kategorie: ‘The Three Most Important Questions About Life’ gevind word (Die link werk nie lekker nie). Julle kan daar gaan lees as julle wil maar ek kan die vrae vir julle hier in ‘n neutedop opsom:

What is life?

What is love?

What the F… happened to Rudi ‘Chivas’ de Wet?!

Aangesien moontlike oplossings vir veral die laaste vraag hierin nie voldoende is volgens my nie het ek besluit om julle in te lig. Dit veral nadat een persoon berig het dat ek nou in John Malcovich se kop is. Dis nie soseer die idee van om in iemand se kop te wees wat my afgepis het nie, want wie sal nou nie so af en toe in iemand anders se kop wil wees nie? Dis meer die idee van John Malcovich wat my teen die mure uitgedryf het. Hoekom nie eerder iemand soos Manto Tshabalala-Msimang of Jacob Zuma nie?!! Of selfs Bob Mugabe?!

In die woorde van Ricky Gervais: ‘Let me dispell ‘n myth’, ek is nie Dr. Gervan Lubbe ‘incarnate’ nie (Dankie Boerseun vir daai ene!) en ek het myself ook nie dood gedrink nie (Nakkie en sy draak wen die prys hier…) Ek gaan ook nie lame verskonings uitdink soos ‘Ek werk aan Potgooi.com’ nie. Wat ek eintlik probeer sê is dat daar net nie genoeg plek in die wereld is vir iemand soos ek nie. Daarom het ek besluit om te ontrek van die potgooi gemeenskap tot my &%$#@ werk klaar is.

Julle sien, ek vertrek die 3de Oktober 2006 na Egipte toe waar ek vir twee weke op ‘n vaart op die Nyl rivier gaan sit en bier drink. En Chivas. En enige ander vorm van Germaanse bruisdrankies of Skotse Moutdrankies wat ek op in die hande kan kry. Wettiglik of onwettiglik. En as my werk nie klaar is nie kan ek nie gaan nie. Anders as die ander expats wat op die oomblik die weelde van goedkoop reis en vinnig vlieg kan geniet moet ons arme Suid-Afrikaners omtrent ‘n jaar voor die tyd al begin beplan.

Toe ek die ander dag my kliënt so terloops van my planne inlig is ek vriendelik meegedeel van die gevolge van so ‘n stap sou my werk nie volledig en afgehandel wees teen bogenoemde datum nie. Die woorde ‘boggerof’, ‘jy’, ‘as’ en ‘nie klaar is nie’ is almal in een sin genoem.

O ja, en ek werk ook aan my website. Die plan is om een van die dae ‘n ander stem ook op die lug te hê. So sal my show bietjie wissel en ek hoef ook nie die admin van upload en update te behartig nie. Lekker nè?

Intussen hoop ek nog steeds kliphard die blou voël van geluk skyt nog harder op julle elkeen se koppe…!

Port Mandela Baai Potgooi gaan live!
Nou dat ek almal se aandag het moet ek net bysê dat dit nou wel net vir een aand sal wees. Ek is die einde van die maand (28 -30 Julie 2006) in Bethlehem en gaan so bietjie by Kraai inloer. Hy wil ‘n bottel Jack gebruik terwyl ons uitsaai. Ek wonder of ‘n Chivas ook in die vergelyking kan ingewerk word… So, as julle daai naweek ‘n dronk kraai en ‘n nog dronker gas (dis nou ek) wil hoor uitsaai skakel dan in tussen agt en tien uur SA tyd. Ons besluit nog of dit die Saterdag of Sondagaand gaan wees maar soos hulle sê ‘Watch this space!’ Om in te skakel gaan na Kraaipromosies se webblad (kliek hier) kliek dan op die Uitsaaines banner en volg die instruksies onder die banner. (jy sal dalk bietjie moet afscroll)

Verder sal ek vir Kraai probeer ompraat om die aand se verrigtinge op te neem en dan sit ons dit op Port Mandela Baai vir die wat al slaap of nie kan luister nie.

Dan wil ek julle ook aanmoedig om bietjie na Boerseun se Praatsaam.com Forum te gaan loer. Daar is al ‘n hele paar geregistreerde users maar hoe meer hoe beter. Ek raak al moeg gepost en wil bietjie ander mense se opinies ook hoor. Veral die luisteraars moet gaan kyk. Daar is ‘n paar ‘polls’ wat ons julle menings wil hoor om ons as ‘Potgooiers’ se program inhoud te help verbeter. En dan is daar natuurlik die gebruiklike gekskeerdery wat daarmee gepaard gaan. Ons wil ons luisteraars ook beter leer ken en vorentoe dalk ‘n braai of iets reël as iemand in die omtrek is.

Nou ja, dis dan al vir nou. Tot ons weer gesels of julle van my hoor hoop ek die blou voël van geluk kom skyt op julle almal se koppe.

Dankie dat julle julle is…

Die Port Mandela Eiland Moddergooi
Ek het nou lanklaas ‘n potgooi so geniet soos episode 8 s’n. Doen julle self ‘n guns en gaan luister na die een. Hy is bietjie lank en ek vra om verskoning aan die arme mede Suid Afrikaners wie se ADSL nog ‘gecap’ is maar dit was nice. Ek en Johan de Vries van die Moddereiland Potgooi het op Skype gesels gisteraand en die potgooi met Hotrecorder opgeneem en voor ons ons oge (ek het al weer vergeet hoe om die deelteken e te maak) uitvee het ons amper ‘n uur gesels.

Dit was nou nie die diep filosofiese gesprek wat mens nou tipies kon verwag van twee nugter mense nie maar ons het dit geniet. Ek glo die volgende een sal meer juice in he (hier is die kappie e al weer) maar dit was so impromptu dat ons besluit het om hom net so te post. Vergewe die paar vloekwoorde maar dit gee effens geur aan die gooi. Ek vra weer eens dat die mense wie se link ek nog nie op my site het nie my asseblief sal vergewe en hulle links vir my sal email na webmail@dewetonline.com en ek sit dit onmiddelik op.

Nou ja, tot ons weer gesels is daar ‘n blou voel (bogger die deelteken e in elk geval) van geluk oppad na julle toe en is gereed om te skyt op ‘n kop.